Die vliegtuig se hidroliese remsisteem het vermoedelik met die landing ingegee en 'n noodlandig is uitgevoer. Ongeveer agt munisipale en Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW)-noodvoertuie was op die toneel.
Die vliegtuig en elite pasassiers is veilig.
Die C130 sou weer vanmiddag terugvlieg na Pretoria, maar noodmaatreëls word nou toegepas.
Nie die SANW of polisie wou kommentaar lewer nie.
Die Oudtshoorn Courant, susterkoerant van die George Herald, volg tans die inligting op.
Inligting en foto's verskaf deur die Oudtshoorn Courant.