Gallery
GEORGE NUUS - Die Outeniqua-vervoermuseum is Vrydagaand in 'n kleurvolle Mexikaanse fiesta omskep vir Hoërskool Outeniqua se 5de Kwagga-langtafel - die grootste piekniek gebeurtenis in die Suid-Kaap!
Gaste is by die ingang met 'n verwelkomingsdrankie en vingerhappies wat by die tema pas, in 'n vrolike luim ontvang.
Binne het gaste hul plekke langs die tafels ingeneem. Tafels was feestelik versier met kleurvolle papierpompoms, liggies en selfs kaktusse.
Ronél Lamprecht, die bemarker van Hoërskool Outeniqua, sê bykans 700 gaste het die fondsinsamelingsprojek bygewoon. Hulle het ook die aand 'n addisionele
R14 000 ingesamel met hul 'Borg 'n stoel vir 'n Kwagga'-inisiatief.
In die verlede is daar by dié geleentheid ook items ingesamel vir verskeie plaaslike liefdadigheidsorganisasies, maar vanjaar is daar in samewerking met die hoofborg, The Grocery Express, op dié inisiatief besluit.
Lamprecht het hul ouerkomitee, wat die reëlings waargeneem het, bedank vir hulle harde werk en besondere Kwagga-spangees om die aand 'n sukses te maak.
Thea Terblanche en Benita Vermaak van The Grocery Express. Vermaak het die blomme namens Chris en Natasha Liebenberg, die eienaars van The Grocery Express, die hoofborg, ontvang. Foto's: Melanie Maré
Die Kwagga-langtafel is vanjaar deur die bystand en lojaliteit van 14 borge moontlik gemaak: The Grocery Express (hoofborg), FNB, George Herald (mediaborg), Third Generation, Knell Electrical, Loerie Bakkery, SND Productions, JDS Design Studio, Lew Geffen Sotheby's International Realty, Van Rensburgs Foods, OASIS Water George, Ideal Lighting & Electrical, Jakkalsvlei Private Cellar en Pure Craft and Foods.
Tydens die geleentheid is Ingrid van Wyk van Discovery Consulting Services vereer as die grootste sake-ondersteuner vir 2019 met die aantal tafels wat hul bespreek het en Danie Acker van Rauch Gertenbach as die lojaalste sake-ondersteuner sedert die eerste Kwagga-langtafel aangebied is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'