GEORGE NUUS - Polisie in die Suid-Kaap is slaggereed vir die Paasnaweek. Só sê die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie.
"Operasionele planne is reeds geaktiveer en maksimale ontplooiing word deur eenhede soos die Openbare Orde Polisie-eenheid (Pops), reserviste en samewerking met buurtwagstrukture aangevul," sê hy.
Geïntegreerde misdaadvoorkomings-aksies saam met plaaslike wetstoepassingsbeamptes, provinsiale en plaaslike verkeersbeamptes asook sekuriteitsmaatskappye, gehou word.
Volgens Pojie sal gereelde gestruktueerde- en bewegende padblokkades gehou word. Besoeke aan vermaaklikheidsplekke en die polisiëring van onwettige kuierplekke en smokkelhuise sal ook gereeld plaasvind.
"Selfs wettige kuierplekke en drankverskaffers sal gereeld besoek en gemonitor word met betrekking tot lisensievoorwaardes," sê Pojie.
Daar sal sterk opgetree word indien dié lisensievoorwaardes oortree word.
Pojie het aan die George Herald gesê dat nie net kan lisensies gekanselleer word nie.
Eienaars loop egter die risiko dat hul besighede se deure permanent gesluit sal word indien hul huise nie in orde is nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'