Video
GEORGE NUUS & VIDEO - Die liggaam van ‘n Etiopiese man in sy 30’s is vanoggend, Dinsdag 9 Maart, in ‘n huiswinkel in Woltemadestraat in Rosemoor aangetref.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het inwoners onraad vermoed ná die winkel sedert Sondag gesluit was.
‘n Familielid van die oorledene het glo vanoggend op die man se liggaam afgekom ná hy die slot aan die buitekant van die winkel se deur afgeknip het.
Die oorsaak van sy dood sal deur ‘n nadoodse ondersoek bepaal word.
Enigiemand met inligting rondom die voorval word gevra om Conville-polisiestasie by 044 803 330/1 of Stop Misdaad by 08600 1011 te skakel.
Kyk 'n video hieronder:
Conville-polisiestasie se bevelvoerder, kolonel AB Kriga (links) bespreek die voorval met Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie.
Polisie op die toneel vanoggend in Rosemoor. Foto's: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'