GEORGE NUUS -'n Man (19) sal môre (Maandag 10 Oktober) in die George-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Dit volg na 'n voorval Vrydagaand om 18:00 waarin die 22-jarige Keagan October gesterf het.
Sers.Chris Spies, polisiewoordvoerder,het by navraag gesê die polisie het Vrydag gereageer nadat 'n bakleiery in Voëlnesvaring-singel,New Dawn Park, Pacaltsdorp uitgebreek het.
Met die polisie se aankoms op die toneel is die slagoffer met 'n kopwond aangetref. Hy is na 'n hospitaal geneem waar hy later die aand oorlede is.
Die verdagte bly in aanhouding en Pacaltsdorp speurders ondersoek die voorval.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'