Update
GEORGE NUUS - Die man wat sy lewe verloor het tydens ‘n beweerde voorval van kabeldiefstal is geïdentifiseer as die 27-jarige Nelson Plaatjies van Maraiskamp.
“Die ander beseerde persoon is per ambulans na die plaaslike hospitaal geneem waar hy tans mediese behandeling ontvang,” het kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.
Die voorval het Donderdagoggend, 4 November, omstreeks 04:30 in Makrielstraat, Maraiskamp (naby Conville) plaasgevind.
“Bewerings is dat die elektriese gronddrade van die hoofpaal uitgetrek is, wat daarop dui dat die drade aan die oorhoofse drade moes geraak het en toe die oorledene en nog ‘n man geskok het,” het Pojie gesê.
“Gevolglik word ‘n geregtelike doodsondersoek met betrekking tot die dood van die oorledene gedoen en voorts het die munisipaliteit ook ‘n saak van beskadiging van munisipale infrastruktuur aanhangig gemaak.”
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'