Breaking News
GEORGE NUUSFLITS - 'n Lyk van, vermoedelik 'n jong man, het vanmiddag naby Dolphin's Point in die Kaaimansrivier, uitgespoel.
Die liggaam was na bewering reeds 'n geruime tyd in die water.
'n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die persoon se dood bevestig.
Die identiteit van die slagoffer is nog nie bekend nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'