Data wat ingevorder word kan gebruik word om luiperds se habitat gewoontes vas te stel om sodoende populasie densiteit te bevestig.
Meer as 200 000 hektaar grond is ook verander na "luiperd vriendelike boerdery" en is ‘n groen produk, "fair game" ook op die been gebring.
Die Luiperd- en roofdierprojek se hoofdoel is om te verseker dat mens en roofdier in vrede ‘n habitat deel.
Die organisasie werk saam met boere om ekologiese en etiese alternatiewe te vind vir die kontrole van roofdier verwante probleme. Boere wat van honde gebruik maak om skape op te pas en beskermde nek halsbande om skape se nekke gebruik, het in studies getoon dat die metodes aanvalle op skape tussen 56% tot 97% verminder, maar verandering is steeds stadig.
Die organisasie streef da
arna om bestuursmetodes op plase te implementeer wat bewaring en verbeterde lewende hawe produksie verseker. Om die doel te bereik word daar gefokus op redding, rehabilitasie en die vrylating van sleutel spesies. Opvoeding en uitreik werk met grondeienaars om ekologiese en etiese standaarde te kweek is belangrik.
Landmark Foundation fokus ook op die dinamika binne die populasie van luiperds en ander roofdiere, en die effektiwiteit van verskillende bestuur strategië.
Die projek is afhanklik van vrywilligers.
Artikel verskaf deur die Suid-Kaap Forum, susterkoerant van die George Herald.

'n Luiperd word toegerus met 'n Globale Posisioneringstelsel (GPS).