GEORGE NUUS - Metro-nooddienste se reddingspan, die polisie en deskundiges van forensiese patologiese dienste is tans besig om twee liggame naby grotte langs die Skaapkoprivier agter in Pacaltsdorp te herwin.
Volgens lt.kol. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het ‘n lid van die publiek na 12:00 die polisie gekontak om hulle te verwittig van die twee liggame.
“Die vermoede bestaan dat die liggame die van die twee vermiste mans is,” het Pojie vanmiddag van die toneel af gesê.
Isaac-Lee Ismail (21) en sy vriend en buurman, Andy Stoffels (25), het op Saterdag 5 November vanaf Seemeeustraat vermis geraak. Hul ouers het hulle as vermis by die plaaslike polisie aangemeld.
Seeumeeustraat is naby die Skaapkoprivier geleë.
Geen verdere inligting is tans bekend nie,
Hierdie berig sal aangepas word, sodra meer inligting ontvang word.
Reddingswerkers maak gereed vir die herwinning van die twee liggame. Dis moeilike terrein en steil tot by die grotte en rivier.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'