GEORGE NUUS - Die liggaam van 'n man, vermoedelik in sy 40's, is vanmiddag, Saterdag 28 Julie, naby 'n bos in Syferfontein gevind.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die oorledene 'n steekwond in sy nek gehad.
Die polisie was omstreeks 12:15 na die toneel ontbied.
Geen verdagtes is op hierdie stadium in hegtenis geneem nie.
'n Nadoodse ondersoek sal binnekort gedoen word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'