Breaking News Update
GEORGE NUUS - Die man, Patrick Muller (40), wat in Februarie vanjaar skuldig bevind is aan die wrede moord en verkragting op Bianca Matroos (26) van New Dawnpark, is vanoggend, Dinsdag 22 Maart, in die rondgaande hooggeregshof in George gevonnis.
Patrick Muller (40) is skuldig bevind op aanklag van moord en een van verkragting.
Vir Matroos se moord het regter Elize Steyn Muller tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Op die aanklag van verkragting is hy tot 10 jaar direkte tronkstraf gevonnis. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.
Matroos se liggaam is op Sondag 17 November 2019 onder bome in 'n veld naby die George Riding Club gevind.
Muller is op 24 November by Club Nitro in hegtenis geneem en is borgtog geweier.
"Ek is tevrede met die vonnis. Dis my eerste hooggeregshofsaak en ek voel ons harde werk het vrugte afgewerp," het die ondersoekbeampte, sers. John Boezak, na die hofgebeure gesê.
Muller is deur senior advokaat, Johan Visser, verteenwoordig. Advokaat Evadné Kortjé is vir die staat en die saak dien voor regter Elize Steyn.
Vorige artikels:
- Riding Club-moordenaar skuldig, bevind hof
- Riding Club-moordverdagte wag nou vir uitspraak
- Moordverhoor an jong ma amper voltooi
- Bianca Matroos is brutaal vermoor
- Getuies sien beskuldigde in Knysnaweg
- Riding Club murder trial starts in High Court
- Riding Club-moord in Hooggeregshof
- Moordverdagte sê nee vir borgtog
- Nog 'n jong vrou vermoor
- Man vas vir wrede moord
- Man arrested after murder at riding club
- Woman's body found at riding club
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'