Annemarie Coulson, voorsitter van Sleeping Beauty Laslapgilde op Riversdal, het daarvan te hore gekom en dadelik besluit om meer daaroor uit te vind.
Dinsdag, 17 Mei - sewe weke nadat Annemarie besluit het hulle wil ook help, het die landswye-projek tot ‘n einde gekom en die 400 kwilts, T-hemde asook kinder-onderklere, is by die NG Kerk Riversdal-Wes se kerksaal oorhandig. Daar was kollekteer-punte in Johannesburg, Durban, Bloemfontein asook Kaapstad.
Tydens die oorhandiging in Riversdal was kwilters van Hessequa, George en Swellendam teenwoordig om toe te sien dat hul bydrae veilig versend word.
'n Insetsel oor hierdie projek word vanaand om 20:00 op KykNet se Kwela uitgesaai.
Van die borge betrokke by die spesiale Kwilte vir Japan-inisiatief van links: Mnr. Henk Lourens (Riversdal Toyota), René Hollenbach (Betterbond), Crystal Drake (Eqstra Holdings), Vuyo Bongazi (Eqstra Holdings) en Annemarie Coulson (Sleeping Beauty Laslapgilde, Riversdal).
Foto: Louise Mouton