GEORGE NUUS - Persone wat deur 'n egskeiding gaan, reeds geskei is of hulle in 'n gebroke verhouding bevind, word genooi om 'n DivorceCare-kursus by te woon wat op Dinsdag 11 Februarie begin.
Dit word aangebied by Soteria-gemeente, Victoriastraat 27.
Dit begin om 18:30 sluit af om 20:30. Die registrasiefooi is R140 en sluit 'n werkboek in.
"DivorceCare is 'n weeklikse seminaar/ondersteuningsgroep wat heling bring vir pyn wat deur 'n skeiding of egskeiding veroorsaak is. Dit bied 'n sorgsame, warm omgewing waar die fasiliteerders verstaan waardeur jy gaan," sê Marianne Schwartz, een van die aanbieders. Die kursus behandel 13 onderwerpe wat insluit hoe om jou woede, eensaamheid en depressie te hanteer, finansiële oorlewing, nuwe verhoudings, en kindersorg. "DivorceCare sal jou lewe verander en die gereedskap gee wat jy nodig het om weer hoop te ontdek en heling te ervaar," sê Schwartz.
Vir meer inligting, bel Soteria-gemeente by 044 874 1842 of Marianne by 072 923 3383.
Besprekings kan ook aanlyn gedoen word by www.divorce.org onder 'Find a Group'.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'