GEORGE NUUSFLITS - 'n Broodjie en 'n koppie tee is vir baie mense al wat binne 24-uur oor hulle lippe kom.
"Ons kan nie vleis en groente eet nie, mevrou, dis te duur. Miskien op 'n Sondag."
So het Magrieta Johnson van Parkdene gesê tydens die George-munisipaliteit se viering van Wêreldvoedseldag, Maandag 16 Oktober, in die stadsaal.
Die enorme stryd teen hongersnood was die hoofbesprekingspunt van die oggend, wat aangebied is deur die departement van gemeenskapsontwikkeling.
Volgens die koördineerder, portefeuljeraadslid Mercia Draghoender, weet mense eers wat hongerte is wanneer hulle self in daardie bootjie is.
Sy het uitgevaar teen diegene wat kontantlenings teen 'n 100% rentekoers aan behoeftiges verskaf.
"Genoeg is genoeg, hulle moet ontmasker word," het Draghoender gesê.
"Hulle ry in die duurste karre en bly in die mooiste huise, terwyl ons mense krepeer van ellende."
Kyk 'n video hieronder.
Verskeie nie-winsgewende organisasies en sowat 50 individue het kospakkies van die munisipale departement van gemeenskapsontwikkeling ontvang.
Read more in Thursday's George Herald, and online.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'