Die verrigtinge begin om 10:00. Luke Plaatjies, die SAKK se nasionale president, is die hoofspreker.
Volgens Pacaltsdorper Clinton Murphy, eerste adjunk-president van die SAKK, is die doel van die byeenkoms om bruin veterane se stemme te laat hoor oor hul ontevredenheid oor die regering se ontkenning van hul regte.
Murphy sê hulle het nie toegang tot die voordele wat hulle toekom kragtens die Weermagsveteranewet van 2011. Ingevolge dié wet geniet veterane onder meer mediese, pensioen- en begrafnisvoordele.