Update
GEORGE NUUS - 'n Plaaslike polisiekonstabel (27), wat na bewering sy meisie se minderjarige dogter verkrag het, het Donderdag 9 Maart in die George-landdroshof verskyn.
Die saak is tot 28 Maart vir 'n streekhofdatum uitgestel.
Volgens onafhanklike polisie-ondersoek direktoraat (Opod) se nasionale woordvoerder, Moses Dlamini, is die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van die slagoffer te beskerm, op ses aanklagte van verkragting in Januarie in hegtenis geneem nadat die slagoffer haar ma oor die beweerde voorvalle vertel het.
Die ondersoek duur voort. Hy is nie in aanhouding nie.
*A local police constable (27), who allegedly raped his girlfriend's minor daughter, appeared in the George Magistrate's Court on Thursday 9 March. The case was postponed until 28 March for a regional court date.
Lees vorige artikels:
- Konstabel kry wél borgtog
- Konstabel kry borgtog na beweerde verkragting
- Constable in custody on rape charges
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'