Die departemente van onderwys, maatskaplike ontwikkeling, korrektiewe dienste, plaaslike kerke en munisipale wetstoepassing was ook by die vergadering in die Pacaltsdorp-gemeenskapsaal.
Inwoners het veral melding gemaak van dwelmhuise in Pacaltsdorp wie se adresse volgens hulle bekend is aan die polisie.
Kol. Petrus Shabalala van die gebiedskantoor het beklemtoon dat inwoners geregtig is op terugvoering oor hul sake.