GEORGE NUUS - Die deelnemers van Kwalentaand 2019 het voorwaar alle verwagtinge oortref met 'n topgehalte vertoning.
Die beoordeling het op Dinsdag 7 Mei plaasgevind en was 'n moeilike taak vir die drie beoordelaars.
Daar is drie uitsonderlike items as algehele wenners van die aand aangewys. In die derde plek was Aiden Volkwyn (gr. 12 - dans).
Simoné Fourie (gr. 10) en Bevan Wright (gr. 10) was tweede met hul energieke vokale duet.
Vanjaar se wenner, Newtoné Jantjies (gr. 9), het almal stomgeslaan met haar eerlike vertoning van die liedjie Colorblind.
Gasoptredes deur die Mnr. en Mej. Kwagga finaliste, die gr. 8 'Twinkle Toe's', Annika Stenvert, Eckardt Muller en oudleerders Dian Swanepoel en Rico Strauss, het vir verdere opwinding gesorg.
Baie dankie aan die Kampusvermaak Portefeulje en VRL wat die aand moontlik gemaak het.
Deelnemers aan die Kwalentaand is voor, van links: Anika Holtshausen, Nicola Minnie, Maya Smit, Simoné Fourie, Newtoné Jantjies, Milné van der Merwe en Raydene Booysen. Agter: Yzanne Potgieter, Dominique Janse van Rensburg, Bevan Wright, Nicole Stoffberg, Denise Swanepoel, Anais Rademeyer, Milu Schölly, Shani Ehlers, Cara Joubert, Ester Jansen, Willem Wannenburg, Aiden Volkwyn en Keagan Evans.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'