Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar is groot opgewondenheid en bedrywigheid by Van Kervel Skool se atletiekbaan waar die kollig vanoggend (Saterdag 17 September) val op kleuters se atletiektalente.
Kinders van verskeie pre-primêre skole in George neem deel aan Mountview Primêre Skool se atletiekbyeenkoms vir kleuterskole.
Die heel kleintjies - kleuters van onder 4 en onder 3 jaar - neem deel aan 40m-renne, die onder 5's en onder 6's moet 60m hardloop, en die onder 7's en 8's doen 80m.
Skole op die program is Laerskool Blanco, Laerskool George-Suid, Laerskool Mount View, George Voorbereidingskool, Lugkasteel Kleuterskool, Klouterwoud en Little Crosses.
VIDEO - Kleuters wys hul atletiektalente (Video: Alida de Beer).
Ouers ontspan terwyl hulle wag dat hul kinders aan die beurt kom.
Gesinne het in groot getalle opgedaag.
Oupas en oumas is hier om hul kleinkinders aan te moedig. Foto's: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'