GEORGE NUUS - Kleuters van Trippel Toontjies-speelskool het geleer hoe belangrik groente en vrugte in hul daaglikse dieet is.
Elziree le Roux, 'n kleurvolle dieetkundige wat die rol van Kokkedarling vertolk, het tydens 'n onlangse besoek aan die kleuterskool verras met groente en vrugte in al die kleure van die reënboog.
"Eet jou reënboog" is die boodskap wat sy aan die kleingoed oordra.
Links is Marlene Jacobs en Elziree le Roux (middel) van Kokkedarling saam met kleuterskooleienaar Amelda Lombard (regs) en die Dolfyntjieklas.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'