GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp Gemeenskapsakevereniging het op Donderdag 31 Oktober ‘n slypskool aangebied vir entrepreneurs om hul besigheidsbemarkingsvaardighede te verfyn in samewerking met Ranyaka en Nedbank.
Deelnemers het teen mekaar gekompeteer om te kyk wie die kortste en kragtigste verkoopspraatjie kan lewer en hul besigheid die beste bemark.
Hierdie program is deel van Ranyaka se "Building Business" initiatief en is een van tien programme wat hulle in samewerking met Nedbank se "Proud of My Town" aanbied.
Hulle het ook geleer oor kapasiteitsbou vir kleinbesighede en hoe om ‘n besigheid te registreer.
Die wenners het ‘n gesamentlike pryspot van R21 000 gedeel. In die eerste plek was Megan Cunningham (R10 000, Hopesters International), tweede was Enrico Apollis (R7 000, Enrico's Emporium), en derde was Gayleen Tobias (R4 000, Building Blocks).
Saam met die wenners van die Ranyaka Besigheidsbouprogram is agter, van links: Grant Gezwint (senior markbestuurder by Nedbank George), en Amy Levendal (belanghebbende en verhoudingsbestuurder vir Ranyaka). Voor: Purdey September (projekkoördineerder Ranyaka), Melvin Roelfse (burgemeesterskomiteelid vir maatskaplike ontwikkeling, sport, biblioteke en klante), Gayleen Tobias (derde vir Building Blocks), Enrico Apollis (tweede vir Enrico's Emporium), Megan Cunningham (eerste vir Hopesters International).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’