Gallery
GEORGE NUUS - Erfenisdag in Pacaltsdorp was propvol aktiwiteite, en een daarvan was braai.
Die Pacaltsdorp Tradisionele Kulturele Khoisan-raad het Maandag afgeskop met 'n optog in Rosedale en geëindig met 'n byeenkoms in Missionstraat naby Kaptein Dikkop se graf waar sprekers en dans- en sanggroepe opgetree het.
"Ons Khoi-bewusmakingsveldtog was 'n reusesukses. Ons het dit in Pacaltsdorp aangebied weens sy ryke geskiedenis en dit is waar die oorskot van die Khoi-mense onlangs herbegrawe is," het Stanley Laminie, die senior leier van die raad, gesê.
"Verskeie leiers het hulle sterk uitgespreek oor Khoi-mense se onkunde en onbereidwilligheid om hul identiteit en kultuur te erken. Ons sal alles in ons vermoë doen om ons mense op te lei en terug te wen uit die greep van die Bose," het Laminie gesê.
Die Khoisan-raad het hulle borge vir die dag bedank, onder andere Just Water, Coca-Cola, die SABC en Heartbeat FM.
Agter, van links: Desmond Daniëls, Vernon Andries, Hendrik van Staden, Paul Groen, Brenda Jacobs, Katriena Pietersen, Stanley Laminie en Sally Roelf. Middel: Solly Rhode, Ernest Groen, Frances Roelf, Theron Baartman, Glynn Somerset, Abraham Johnson, Marius Tarentaal en Carina Jacobs. Voor: Miquila Tarentaal en Eben Basson. Foto's: Braam America
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'