Gallery
GEORGE NUUS - In vergelyking met verlede jaar toe dit tydens die Pacaltsdorp-liggiefees gereën het, het die weer vanjaar mooi saamgespeel.
Hoewel daar 'n koel briesie gewaai het, het dit nie honderde Pacaltsdorpers en besoekers van dié geleentheid afgeskrik nie.
Die Kersliggies is amptelik op Sondag 10 Desember deur onder-burgemeester, Raybin Figeland, by die Kaptein Dikkop-amfiteater in Pacaltsdorp aangeskakel.
Die geleentheid het om 18:00 begin met 'n reeks plaaslike kunstenaars en kore wat die feesgangers vermaak het, terwyl stalletjies en springkastele die kinders besig gehou het.
FOTOGALERY: Lights festival in Pacaltsdorp
Die liggiefees is 'n jaarlikse instelling in George, en is vir die afgelope twee jaar in Pacaltsdorp gehou in stede van in Yorkstraat soos in die verlede.
Die VGK-koor ná die liggies deur onderburgemeester, Raybin Figeland, aangeskakel is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’