GEORGE NUUS - Die publiek word genooi om vir die George-sakekamer te stem nadat hy benoem is as een van drie finaliste in die AHI 2021 Algemene Jaarvergadering eerbewys-kompetisie in die sakekamer van die jaar kategorie.
Die ander twee finaliste is die Stilbaai-sakekamer en die Ceres-besigheidsinisiatief.
Bernie Schaap, bestuurder van die George-sakekamer, het Dinsdag gesê dit is vir die sakekamer 'n groot voorreg om benoem te word.
"Hierdie jaar het ons vele uitdagings gehad met die inperking, Covid-19-krisis, en ook die aftrede van Ingrid Cronjé, en dan my aanstelling as bestuurder.
"Daar is baie werk gedoen onder moeilike omstandighede, en ons inkomstestroom het tot stilstand gekom. Maar dit is verrykend om te weet ons harde werk word raakgesien. Ons vra die publiek om vir ons te stem as sakekamer. Die stemme tel vir 50% van die uitslae, en die ander 50% is dan die beoordelaars wat stem," het sy gesê.
Die stembus is oop tot en met 5 November, en die wenners sal 12 November aangewys word.
Om te stem, volg dié skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'