Update
GEORGE NUUS - 'n Tienerseun (14) van Conville wat van moord aangekla word, moet weer op 28 September in die plaaslike landdroshof verskyn.
Hy het sy eerste hofverskyning op Maandag 23 Augustus gemaak nadat hy die vorige dag vir die moord van 'n 12-jarige seun in hegtenis geneem is.
Suid-Kaapse polisiewoord-voerder, kapt. Malcolm Pojie, sê die slagoffer, Austin Kiewiets, en sy vriende het 'n ander vriend huis toe vergesel toe die jong verdagte hulle na bewering in Tinktinkiestraat, Conville, gekonfronteer en die slagoffer gesteek het.
LEES MEER: Two children stabbed to death
"Daar word beweer dat die verdagte die oorledene met 'n mes aan die linkerkant van sy bors gesteek het. Hy het op die toneel aan die besering beswyk," het Pojie gesê.
Die verdagte is ná sy eerste hofverskyning in die sorg van sy ouers geplaas met 'n waarskuwing om later weer in die hof te verskyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'