GEORGE NUUS - Die outeur en spreker, Johan Smith, besoek George op 23 April om ouers toe te rus en te motiveer.
Smith werk al vir meer as 30 jaar met jongmense, onderwysers, ouers en gesinne. Van sy meer as 30 boeke as outeur of mede-outeur fokus veral op dié groepe. Verder tree hy landswyd in kerke en skole op. Sy boodskappe, praatjies en reekse fokus op ouerskap, dissipelskap, depressie, uitbranding en geestelike groei.
Johan Smith gesels op Sondag 23 April om 18:00 oor tegnologie en sosiale media pre- en post-Covid.
Toegang is gratis en ‘n gratis kinderoppasdiens is beskikbaar, maar spasie is beperk, so besprekings is noodsaaklik. Bespeek nou jou plek by Quicket: https://qkt.io/yZHNzM, of op die gemeente se webwerf by www.george-bergsig.co.za.
George-Bergsig gemeente bied as deel van hul Oase Ouerskap bediening, wat in 2022 afgeskop het, hierdie geleentheid om na Smith te luister aan. Die Oase Ouerskap bediening het tot stand gekom om ouers toe te rus en by te staan te midde van die groot uitdagings van ouerskap. Verskeie geleenthede word gedurende die jaar aangebied. Dit sluit sessies deur sielkundiges, arbeidsterapeute, spelterapeute en pediaters in.
Smith lei ook op 23 April om 08:30 die oggenddiens by George-Bergsig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’