Video
GEORGE NUUS - Die drie-jarige dogter van die bekende Afrikaanse musikant Jakkie Louw, is gek oor George, want hy is Peppa Pig se beste pêl.
Só het Louw gesê, tydens sy optrede verlede Saterdagaand by die kuierplek Shenanigans, waar hy aanhangers met sy sang en kitaarspel vermaak het.
Die musikant het tydens sy vertoning ewe tuis in George voorgekom.
Hy het begin met 'n paar akoestiese liedere, waaronder Billy Joel se Piano Man, en later oorgeskakel na meer lewendige nommers soos sy immer gewilde Drie pikkewyne.
Aanhangers het ook 'n voorsmakie gekry van 'n splinternuwe snit wat vandeesweek in sy nuwe musiekvideo te hore sal wees.
Sy musiekvideo se naam is Die Spook is in Pretoria-Oos, en verwys na 'n ou spookhuis waarvan inwoners oor die dekades praat.
Kyk 'n video hier:
Wynand (links) en Isobel Vermeulen en hulle vriend Nathan Church is stoere aanhangers van Jakkie Louw. Die Vermeulens is oorspronklik van Pretoria, waar hulle vroeër Louw se konserte bygewoon het.
Johnell Brown (links) en haar dogter Zascia Brown (regs) geniet 'n welverdiende aand uit saam met vriende. Saam met hulle is Lourine Ferreira en Nico Claassen.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'