Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - ‘n Groep van 113 inwoners van Uniondale, van wie die meeste bejaardes met skrapse of geen inkomste is, soek antwoorde van die Oppiespoor Aksiegroep wat mense links en regs belowe dat hulle groot bedrae geld gaan ontvang.
Die groep mense het gister ‘n vergadering met Oudtshoorn Courant belê en gesê hulle is moeg om deur die mense van Oppiespoor “belieg” te word.
Oppiespoor wat in Oudtshoorn gesetel is, is reeds ‘n aantal jare in verskeie dorpe besig om geld van mense te neem as “registrasiegeld” om surplusgelde vir die mense op te spoor.
Hulle gebruik onder andere Alexander Forbes se naam om kliënte te oortuig dat hulle optrede regmatig is.
Teen ‘n fooi van R250 kan Oppiespoor-werknemers met ‘n enkele telefoonoproep na ‘n onbekende nommer bevestig dat ‘n persoon geld gaan ontvang.
Ten spyte van beweringe deur Oppiespoor en ‘n brief van hulle prokureur, Johan Wagenaar, dat talle mense reeds geld ontvang het, kon die Oudtshoorn Courant tot dusver geen bewys van enige uitbetalings opspoor nie. Oppiespoor en Wagener is reeds in die verlede genooi om inligting van begunstigdes met die media te deel. Tot dusver was daar geen reaksie op die versoeke nie.
Die 113 Uniondalers in samewerking met die Uniondale Amacebiso NPC is van plan om hulle registrasiegeld op grond van die leë beloftes van Oppiespoor terug te eis en hulle ondersoek ook die moontlikheid om regstappe teen betrokkenes te neem omdat hulle glo dat mense word onder ‘n wanindruk geplaas word om die registrasiegeld te betaal.
Kyk 'n video hieronder:
‘n Deel van die 113 mense wat Maandag in Uniondale byeen gekom het om oor Oppiespoor te praat.
Alexander Forbes se reaksie oor surplusfondse:
Surplus recoveries - We receive several reports regarding companies or individuals offering to assist clients to recover surplus monies at a fee. Alexander Forbes service providers would not charge individual fund members a fee for surplus recoveries. Companies or individuals requesting fund members to pay a fee are not affiliated to Alexander Forbes, nor do they have the authority to act for or on behalf of Alexander Forbes. Please contact the Alexander Forbes Surplus Help Desk on 011 324 3407 if you are unsure.
Lees vorige artikels:
- Geen spoor van Oppiespoor geld
- Vrae oor Oppiespoor se prokureursbrief
- Oppiespoor stel wanpersepsie reg
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo, Tuinroete nuus'