'n Navraag hieroor is vanoggend aan die George-munisipaliteit gestuur. Hulle het as gevolg geantwoord: "Daar was 'n tydelike probleem buite ons beheer, maar dit is uitgesorteer en dit sal alles vandag verwyder word."
Die George Herald het wel gister 'n anonieme oproep ontvang wat laat blyk het dat die fondse van die betrokke departement gedaan is. Daar word glo geen oortyd meer aan werkers betaal nie en inwoners gaan ook nie soos gebruiklik hulle volgende sarsie swartsakke kan ontvang nie.
Hierdie inligting is onbevestig.