Gallery Video
GEORGE NUUS - Alan Winde, Wes-Kaapse premier, twyfel of pres.Vladimir Putin van Rusland in Augustus tog die Brics-beraad in Suid-Afrika sal bywoon.
Winde glo die Suid-Afrikaanse regering kyk na 'n wyse hoe om uit die situasie te kom.
FOTOGALERY: Alan Winde in samespreking by George-sakekamer
Die beraad vind nie in die Wes-Kaap plaas nie, maar verskillende standpunte is reeds uitgespreek of die Suid-Afrikaanse regering Putin moet aankeer as hy in Suid-Afrika land.
Winde het vanoggend gepraat tydens 'n geleentheid van die George-sakekamer.
Die geleentheid is onder meer bygewoon deur Leon van Wyk,George se burgemeester adv. Gert van Niekerk, onderburgemeester van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, Dr. Michelle Gratz, George se munisipale bestuurder, en verskeie sakeleiers.
Winde is tydens vraetyd gevra om meer te vertel van die verhoudinge en samewerking tussen die nasionale en Wes-Kaapse regering.
Winde het toe onder meer verwys na die uitnodiging aan Putin wat in omstredenheid gedompel is.
Dit is bekend dat die nasionale en Wes-Kaapse regering verskillende standpunte oor die aangeleentheid het. Winde het na die geleentheid aan George Herald / Group Editors gesê hy sal enige meganisme soos byvoorbeeld selfs Interpol en die howe gebruik om te keer dat Putin sy voete in die Wes-Kaap sit.
Winde het benadruk dit gaan nie daaroor dat hy wil hê Putin moet aangekeer word nie.
SA moet besluit of hy onafhanklik wil bly of nie oor die aangeleentheid. So 'n besluit het gevolge.
"Die probleem is dat ons besig is om van grootste markte te verloor oor 'n besluit."
Sien die video van Alan Winde hier
Foto's: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’