Update
GROOT-BRAK NUUSFLITS - Die man wat daarvan verdink word dat hy ‘n egpaar van Groot-Brakrivier wreed vermoor het, pleit onskuldig op die aanklagte teen hom.
Die verdagte, die 26-jarige, Tamsanqa Sishuba, staan tereg op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.
Die bejaarde egpaar, Tewie en Eurika Human, is op 14 Junie, 2016 in hulle huis in Sandhoogtepad vermoor. Tewie is sewe keer met ‘n panga oor sy kop geslaan en Eurika is met ‘n selfgemaakte mes in die hart gesteek.
Sishuba het in die Mosselbaai Hooggeregshof, die skuld op ‘n werker van die Humans, Lebohang Lekoro, gepak. Lekoro, wat deur die polisie as die baasbrein agter die dubbele-moord beskryf word, het na die moord na Lesotho gevlug en is steeds op vrye voet.
Sishuba het aan regter Robert Henney gesê dat hy onder die indruk was dat hy op die dag van die moord, saam met Lekoro vir die Humans werk sou doen.
Volgens Sishuba het Lekoro egter vir Tewie met ‘n panga aangeval. Sishuba beweer dat Lekoro hom gedwing het om ook vir Tewie een keer met die panga te slaan. ‘n Bedrag van R14 000 is op die dag van die moord vanuit die Humans se bankrekening na ‘n bankrekening in Lesotho betaal.
Lees meer besonderhede oor die patalogiese verslag in die week se Mossel Bay Advertiser. Die verhoor duur tot 15 September.
Klik hier vir vorige artikels:
•
Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
• Groot-brak dubbele moord: familie by hof
• Dubbele moord: verdagte vandag in hof
• Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
• Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
• Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
• Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
• Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
• Opvolg: Verdagte vir Groot-Brak gru-moord
• Man vir Groot-Brak gru-moorde gearresteer
• Groot Brak gru-moorde: Roudiens Dinsdag
• Groot Brak gru-moorde: Honde bly agter
• Groot Brak gru-moorde: Skoonseun praat
• Groot Brak gru-moord: Ondersoek duur voort
• Opvolg: Groot Brak gru-moord
• Opvolg: Groot Brak-egpaar wreed vermoor
• Groot-Brakrivier-egpaar wreed vermoor
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, as ook aanlyn.
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'