TUINROETE NUUS - Johan Nienaber (48) van Hartenbos is sedert Donderdag 29 Februarie vermis.
Volgens sy ma, Rita Nienaber, is hy laas op Oudtshoorn gesien, maar het sy nog glad nie met hom kontak gehad nie.
Hy het bruin hare en blou oë. Hy is ongeveer 1.78m lank en fris gebou.
Sy het hom ook as vermis by die polisie aangemeld.
Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind, kan haar by 072 624 7755 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’