GEORGE NUUS - Die Pophuis Speelskool in Parkdene het vanoggend 'n plakkaat optog gehou.
Skoolbestuurder Anna Solomons, sê hulle wil hê geweld van vroue en kinders moet stop! Sy, haar personeel en die sowat 30 kinders het almal swart aangehad. Sy sê hulle kan nie meer stilbly en sien dat klein lyfies seerkry nie.
“Mense moet begin praat as hulle weet van daddy’s wat mammies slaan, en kinders wat ouers slaan en kinders wat molesteer word. Jy kan nie net meer sit en toekyk dat sulke dinge in jou gemeenskap gebeur nie.”
Solomons sê dit was net hul manier om stem dik te maak teen geweld in hul gemeenskap.
Die Pophuis Speelskool kinders en onderwysers wat vanoggend n plakkaat optog gehou het. Foto's: Salette Cloete
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'