Update
GEORGE NUUS - Outeniqua Dames Aktueel se maandelikse vergadering vind op Dinsdag 29 Mei om 19:00 by Emmaüs plaas. Die tema is 'Hoop lei tot kreatiwiteit'.
Gerda Nel kom vertel hoe ellende gelei het tot haar pragtige lintskilderye. Sannie van Zyl se verhaal gee moed en lei tot kreatiwiteit in mense om haar.
Besoekers is welkom teen R30. Die hekke sluit om 19:00.
Kontak die volgende persone vir meer inligting: Magdaleen Smook 044 873 6568 / 074 977 1986 of Louie Meyer 044 874 6523 / 084 525 2130.
Lees 'n vorige artikel: 'Hoop lei tot kreatiwiteit'
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'