GEORGE NUUS - Die polisie ondersoek 'n saak van motorfietsdiefstal ná minstens twee motorfietse tussen Sondagaand, 5 Mei en Maandagoggend in Denneoord gesteel is.
Verskeie honde in die buurt is ook na bewering vergiftig sodat hulle nie kon blaf om hul eienaars te waarsku nie.
Daar word gesoek na 'n wit, swart en blou BMW S1000RR-motorfiets en 'n wit en swart Honda XR125.
Onbevestigde inligting dui daarop dat nog twee bromponies ook gesteel is. Volgens ‘n plaaslike motorfietshandelaar is daar reeds 15 motorfietse binne die laaste 10 dae tussen Plettenbergbaai en George gesteel.
Enigiemand met inligting rondom die motorfietse word gevra om asseblief vir sersant April by 082 446 5497 of Stop Misdaad by 0800 10111, te skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'