GEORGE NUUS - Drie minderjariges tussen die ouderdomme van 14 en 15 jaar oud moet op 30 April in die plaaslike kinderhof verskyn in verband met 'n onlangse voorval van dieremishandeling waarin 'n hond van Lawaaikamp glo deur die trio mishandel is.
Kort na die voorval op Maandag 22 Maart, het 'n video van die voorval op sosiale media begin sirkuleer. In die video kan gesien word hoe 'n jong seun 'n hond aan 'n leiband deur die lug in die rondte swaai terwyl sowat nege of tien van sy vriende toekyk.
Die hond waai soos 'n lap deur die lug terwyl die seun in die rondte tol en daar kan duidelik gehoor word hoe die ander kinders hom aanmoedig en toejuig.
Volgens die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging (DBV) se hoofinspekteur, Salomé Bruyns, was daar drie honde daardie middag in dié voorval betrokke.
Sy en lede van haar span is van die voorval in kennis gestel waarna hulle dadelik na Lawaaikamp is om die honde te probeer red en te konfiskeer.
Kalisi is ook beskikbaar vir aanneming. En wees eerlik - wie kan daardie gesig weerstaan?
"Hulle was baie uitgeput en getraumatiseer, maar ons kon hulle red en hulle doen nou fantasties," sê Bruyns. Al drie die honde is nou gereed om aangeneem te word.
"Volgens ooggetuies het die seuns hulle aan hul leibande rondgeswaai om hulle te probeer doodmaak, toe dit nie werk nie het hulle die honde teen die sypaadjie gegooi en toe hulle koppe onder water gedruk om hulle blykbaar te probeer versuip," vertel Bruyns.
Dit gaan baie goed met die mooie Gabriella. Sy is vreeslik liefdevol en gereed om aangeneem te word.
'n Saak van dieremishandeling is kort daarna by die Conville-polisiestasie aangemeld.
Skakel gerus die DBV by 044 878 1990 vir meer inligting oor die aannemingsproses.
Olivia het ook die marteling oorleef en is gereed om na 'n liefdevolle huis te gaan.
Three minors aged between 14 and 15 are scheduled to appear in the local children's court on 30 April in connection with a recent incident of animal abuse. A video circulated on social media on Monday 22 March, showing a young boy spinning around a dog on a leash, cheered on by his friends. Three dogs were abused in this manner.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'