Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Heidedal Primêr in Borcherds het hul saalbouprojek op Vrydag 30 November van stapel gestuur. Die hoof, Irwin Scheepers, voel daar is 'n groot behoefte vir 'n saal.
"Hierdie skool is meer as 47 jaar oud en ons voel dat dit nou die regte tyd is om 'n saal te bou."
Die skool gaan die eerste stap neem. "Dit is 'n groot bedrag, R8 miljoen, maar die gemeenskap sien kans om dit aan te pak."
Die gemeenskap het denkbeeldige bakstene gekoop teen R10 elk sodat hulle eienaarskap kan neem van die projek. Daar is reeds R70 000 ingesamel.
Heidedal Primêr se leerders is reg vir die saalbouprojek. Foto's: Myron Rabinowitz
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'