GEORGE NUUS - Die Heeltyd Speeltyd Pre-Primêre Skool is definitief nie oop nie. Só het die hoof, Aletta van Rensburg vanoggend verseker.
Die George Herald het ‘n klagte van ‘n lid van die publiek gekry oor kinders wat steeds op die perseel in Meadestraat is.
Van Rensburg sê die vyf kinders wat vandag op die perseel is, is kinders van van haar personeellede.
Al 26 personeellede werk tot môre (Dinsdag 24 Maart) om voorbereiding vir volgende kwartaal te doen.
“Ek het vier skole en ons het ook administrasie om af te handel, onder andere aansoeke vir werkloosheidsversekering wat ingedien moet word. Ons pas al die nodige sanitasiemaatreëls toe soos tans voorgeskryf.”
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'