GEORGE NUUS - Die pragtige Helené-Mari du Plessis (25) is aangewys as Harvey World Travel se 2018 Bruid van die Jaar.
"Ek het dit glad nie verwag nie. Ons sal definitief die geskenkbewyse gebruik met ons eerste huweliksherdenking die jaar," sê sy.
Helené-Mari en haar man, Mauritz, het op 22 September op Trinity Gate Farm Venue net buite George, getrou.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'