Gallery
GEORGE NUUS - Sowat 50 motorfietsfanatici, mans en vroue, van oor die Wes-Kaap, het douvoordag op Saterdag 29 Januarie by Garden Route Motorcycles in George bymekaargekom om deel te neem aan die heel eerste Hardegat-uitdaging in dié provinsie.
Die sirkelroete van ongeveer 1 000 km, het motorfietsryers vanaf George na Prins Albert en van daar na Matjiesfontein tot Stellenbosch en Bredasdorp geneem voor hulle weer in George gestop het.
Die roete moes binne 12 ure voltooi word met verskeie pryse en 'n gelukstrekking wat op die ryers gewag het ná afloop van die geleentheid.
Volgens die organiseerder, Johann van Tonder, was die rit 'n eerste van sy soort en vorm dit deel van 'n reeks van soortgelyke ritte wat deur die jaar aangebied gaan word.
Fotogalery: Hardegat-uitdaging 'n wen-resep
"Dit gaan 'n jaarlikse instelling word en die volgende twee jaar se roetes is reeds uitgewerk. Dit gaan nie elke keer dieselfde roete wees nie. Hardegat is die eerste rit van 'n reeks van ses uitdagings en geleenthede waarvan die 1 000 km-roete net die begin was.
"Daar sal basies elke tweede maand 'n nuwe uitdaging wees waaraan mense kan deelneem," sê Van Tonder.
Vir meer inligting rondom toekomstige geleenthede en ritte kan lesers hul webblad www.cabc.co.za gaan besoek.
Paul Gerber was die wenner van die heel eerste Hardegat-uitdaging.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'