GEORGE NUUS - Hannes Visser gaan Donderdagoggend, 23 November, tussen 11:00 en 12:00 oor sy eerste misdaadsroman, Voorblad gesels by George-biblioteek.
Sy gesprek sluit aan by die inisiatief van die biblioteek se "Make your mark"-projek, almal is welkom om dit by te woon.
Voorblad het verlede maand by Naledi Uitgewers verskyn. Hierdie is nie sy eerste boek nie, en Visser se digbundel naamlik, Die jaar toe pa....
Hy beoog ook om te gesels oor sy skryfproses en gedigte wat verskyn in Die jaar toe pa....
Die praatjie vind plaas by die ingangsportaal van die George-biblioteek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’