GEORGE NUUS - Die jong Renée Terblanche (12), 'n leerder aan Glenwood House College dra werklik diere op die hart. Sy het onlangs besluit om teddiebere te maak en dit ten bate van die Tuinroete DBV te verkoop.
"Ek het tydens naaldwerkklasse die teddies vir vriende begin maak en toe besluit om dit as deel van 'n fondsinsameling vir die DBV te maak en verkoop," sê sy.
Terblanche verkoop haar teddies teen R100 elk en die totale bedrag word aan die DBV geskenk.
Enigiemand wat graag 'n beertjie by haar wil bestel is welkom om haar ma, Renáte by 082 939 1161 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'