GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se dramadepartement bied hierdie week, 13 tot 17 Mei, met trots My Children My Africa aan. Hierdie toneelstuk, wat in 1989 groot opslae gemaak het, is sedert 2018 'n voorgeskrewe teks vir matriek Engels 1ste addisionele taal.
Die stuk word tot Vrydag, soggens om 09:00 gratis in die GJB Volschenck Saal aangebied. Tien skole uit die streek het reeds bespreek om die uitstekende stuk te sien. Die regie is behartig deur Dania Ackerman
Daar is ook vanmiddag om 15:00 'n optrede vir die publiek.
Skole wat nog besprekings wil maak, kan Karleine Herbst kontak by karleineh@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'