GEORGE NUUS - Die nuwe skooljaar vir leerlinge by Hoëskool Outeniqua het vanoggend (15 Februarie) amptelik begin.
Graad 8 leerlinge is reeds Vrydag 12 Februarie by die skool verwelkom.
Streng Covid-19- protokolle is gevolg.
Christo Vorster, die skool se hoof het vanoggend aan George Herald gesê 370 gr. 8-leerlinge het Vrydag aangemeld.Sover bekend is dit die grootste groep gr. 8-leerlinge in die skool se bestaan.
Altesaam 322 gr. 12- leerlinge is vanjaar by die skool. Dit is 'n groter groep as verlede jaar.Die gr. 12-leerlinge moet elke skooldag by die skool wees en die ander groepe wissel elke tweede dag.
Die skool het 84 onderwysers en hulle het reeds twee weke gelede begin.
Covid-19- regulasies word gevolg om seker te maak dat almal veilig is. Volgens hom is die skool goed voorbereid en hulle sien uit na die nuwe skooljaar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'