Gallery
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Lede van die Gourikwa Khoisan-stamhuis het op Saterdag 30 September hul eerste Inheemse nasiefees by die Jeugkafee in Groot-Brakrivier aangebied.
Die fees het gehandel oor die bewusmaking en herstel van die Khoisan-identiteit, kultuurgewoontes, inheemse nasie-erfenis en menswaardigheid.
Tanya Mwandila is as Mej. Khoisan aangewys, terwyl die Barrydale-rieldansgroep die feesgangers met hul danse vermaak het en 'n drama oor die Khoisan-struggle opgevoer is.
FOTOGALERY: Inheemse nasiefees by die Jeugkafee op Groot-Brakrivier
Tanya Mwandila is as Mej. Khoisan gekroon. By haar is twee van die feesgangers.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’