Dit is tot vreugde van die stigter Elna Pretorius, 'n onderwyser van Hoërskool Outeniqua wat ontwerpklasse aanbied en werksessies hou om mense van alle ouderdomme te stimuleer en touwys te maak in 'n wye verskeidenheid van handvaardighede.
"Die Indaba is die grootste platform in Afrika, vir alle areas van die kreatiewe industrieë en gee ontwerpers die geleentheid om hul produkte aan kopers van oor die wêreld bekend te stel. Dus was dit 'n opwindende geleentheid vir die ambisieuse ontwerperskool.
Kreatiewe leerders van oor die hele land is tans hard aan die werk om hulle ontwerpers-klere gereed te kry vir die Wear Art-modeparade wat op 8 Mei by Hoërskool Outeniqua gehou word.
Rose Barnardo en die Blanco-breiers het matte en poefs vir die Indaba gemaak en alles het verkoop. Laslappie dinosourusse, poppies en gehekelde juweliersware het net so vinnig verkoop. Libere het ook nuwe produkte van leerders saamgevat soos volstruisleerligte wat deur Zarco de Beer van Hoërskool Oute-niqua gemaak is en papier-maché poppies deur Rhodé Ferreira van Laerskool Blanco.
Pretorius het vandeesweek verduidelik, "Libere se produkte vorm ook deel van die Too Good to Waste inisiatief wat een van die projekte is van Kaapstad as 'Ontwerp Hoofstad van die wêreld'. Werk van die groep is reeds in Februarie by die V&A Waterfront in Kaapstad uitgestal." Meeste van die artikels is gemaak uit afvalmateriale en daardeur kry alle deelnemers 'n hele nuwe uitkyk op herwinde materiale van alle soorte.

Ashwill Hendriks is by Libere Foundation se stalletjie by die Kaapse 2014 Design Indaba. Die groep wat onder die inspirasie en leiding van Elna Pretorius werk was verheug dat hul ontwerpersitems vinnig verkoop het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'