GEORGE NUUS - Haar beproewinge tydens 2016 het as inspirasie gedien om te skryf, het Dawn Jacobs haar vriendinne en ondersteuners vertel tydens die bekendstelling van die Christelike boek waaraan sy help skryf het saam met ander merkwaardige vroue.
Waar God lei, sal Hy voorsien, is op Woensdag 21 Maart bekend gestel.
"Op 8 Maart 2016 word ek afgedank. Op 22 Maart word my jongste seun beseer in 'n rugbywedstryd. Skedelfraktuur.
Op 8 April kry my broer 'n beroerte.
Na veel geskarrel kry ons 'n operasiedatum vir 20 April 2016. Ek sou 17 April vertrek na Bloemfontein. Bomskok.
Daardie oggend, 17 April, sterf my skoonma in Kaapstad," onthou Jacobs.
Jacobs sê sy het 'n uitnodiging in die Finesse gesien vir vroue om hulle verhale te deel en saam te skryf. Sy het die geleentheid aangegryp en sonder huiwering ingeskryf.
"Ek was in ekstase toe die mediagroep my storie selekteer om deel uit te maak van die boek."
Jacobs bedank haar familie en vriendinne vir hulle ondersteuning. "Jy's nooit te oud vir nog 'n droom of doelwit nie," motiveer Jacobs.
Dawn Jacobs (links voor) se vriendinne het die bekendstelling van haar skrewe in die boek, Waar God lei, sal Hy voorsien, saam met haar kom vier. Saam met haar voor sit, Maria McPherson. Agter, van links: Auriel Williams, Marinda Coleman, Charlotte Fortuin, Olivia Kirchner, Frankie Nel, Deidré Fortuin, Zelda Papier en Beryl Abrahams. Foto's: Brümilda Swartbooi
Waar God lei, sal hy voorsien, is te koop by CUM Books. Persone wat graag bestellings vir die boek wil plaas kan vir Dawn Jacobs op 072 309 1382 skakel.
Waar God lei, sal Hy voorsien, is 'n bederfboek vir vroue wat saamgestel is deur sterk vroue, onder andere Liesel Krause-Wiid, Karien Basson, Lynette Beer, Marinda van Wyk, Annalie de Jager, Renate Swart en Angel Hugo, wat hulle hartsverhale, beproewings en verdrukkings met ander vroue deel. Carpe Diem Media is die uitgewers.
CUM Books het die boek in voorraad. Persone wat graag bestellings vir die boek wil plaas kan vir Jacobs by 072 309 1382 kontak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'