GEORGE NUUS - Die George Lionsklub het op 31 Maart hul eerste potjiekompetisie in jare laat herleef.
Volgens François Ferreira, bekende en geliefde sjef en beoordelaar, was die dag 'n reusesukses. Hy sê aangesien net vyf spanne ingeskryf het, was die kwaliteit van die potte en die spangees 'n wenresep. Volgende jaar kan dit net beter en groter raak.
Alwyn Barnard en Clan het as wenners uit die stryd getree. Jovan Heyns en sy span tweede, en die vrouespan van Eden Lions in die derde plek. Pieter Barnard is as die jongste vuurmaker gekroon. Mnr. en Mev. Potjie 2018 is ook vir die eerste keer gekroon, na lang onderhandelings.
Daar word alreeds beplan om hierdie 'n jaarlikse instelling te maak, en 2 Maart 2019 is daarvoor vasgemaak. Belangstellendes kan dus begin beplan.
Pieter Nel, koördineerder van die projek, het al die borge bedank wat die dag moontlik gemaak het. Alle geld gaan net so terug na die gemeenskap van George.
Die wenpotjie het interessante kombinasies gehad.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'