Hierdie waarskuwing volg nadat iemand twee weke gelede in 'n restaurant genader is om R20 000 se tanzanite by die verdagtes aan te koop, maar hy moes die geld vooruit betaal.
'n Vriend van die man wat bykans sy R20 000 kwyt was, het op dieselfde dag (Donderdag 27 September) in die George Herald gelees van 'n slagoffer wat R25 000 in so transaksie verloor het. Hy het sy vriend gewaarsku en so 'n misdryf en groot finansiële verlies voorkom.
Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder het gewaarsku dat die publiek uiters versigtig moet wees om verdagte transaksies aan te gaan. "Edelgesteentes moet nie op straat nie, maar eerder by erkende en wettige plekke gekoop word soos byvoorbeeld by 'n juwelierswinkel of klerewinkel wat oor so 'n afdeling beskik." Hy het gesê: "As 'n transaksie te goed is om waar te wees, dan kan jy glo dit is wel te goed om waar te wees."
* The police again warned that people must be aware of fraudulent transactions where criminals try to sell fake precious stones.

Vals tanzanite wat aan die publiek verkoop word.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS