GEORGE NUUS - Die Christelike Geloofsendingkerk, Pacaltsdorp, het op 30 Oktober 'n onvergeetlike viering van die gemeente se 20-jarige bestaansjaar gevier.
Saterdag het gemeentelede aan 'n vrolike optog deelgeneem van Houtkapperstraat tot by die kerk in Tarentaalstraat, Andersonville.
"Die gemeente is uiters dankbaar oor die leiding van apostel Frans Lucas onder wie se leiding die Here die kerk deurgedra het. Tot nou toe was die Here vir ons goed," het Alida Lucas, gemeentewoordvoerder gesê.
"Die gemeente en kerkraad word ook bedank vir hul ondersteuning van 2001 tot 2021 en ook 'n groot dankie aan ons bure in ons omgewing."
Tydens die viering van die 20ste verjaardag van die gemeente, van links: pastoor Christo Matras, apostel Frans Lucas, Lewie Oktober, Laurens May, Gerhardt Titus, Morné Meyer en Flip May.
Apostel Frans Lucas
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'